Amanda Boucher

  1. home
  2. Author
  3. Amanda Boucher
Amanda Boucher

4 Published BooksAmanda Boucher

Amanda Boucher is 'n bekende digter van Vereeniging, Gauteng. Ek het alreeds vier digbundels gepubliseer en my nuutste een is tans beskikbaar. Ek is 20 met 20 plus jare ondervinding en is getroud met Neels. Die wonderlikste man wat ek ken. My skryf talent het ek seker maar van my pa geërf, hy’t altyd op nagdien geskryf. Hierdie verhaal het sy ontstaan gekry terwyl ek by ‘n uitsonderlike mooi watergat gesit en kuier het saam met vreinde. Ek dink nie graag ‘n verhaal vooruit nie, en wil amper sê die verhaal skryf homself. Ek het my eie webblad www.waterstrome.co.za waar ek my gedigte en ander werke plaas. Ek is maar ‘n doodgewone vrou wat maar altyd probeer om ander op te vrolik en my lewensdoel is om ander by te staan in woord. Ek het geen skryfskool of so bygewoon nie. Ek is maar my lewe lank van Vereeniging, Gauteng. Teikenmark Mense wat self die trauma deur gemaak het van kapings en baie geestelike pyn het. Ek wil hulle die moed gee dat daar wel hoop is. Al is dit baie moeilik, is daar altyd hoop en iets om voor te leef. My werke het altyd ‘n positiewe grondslag en daarom wil ek altyd mense help en hulle hoop gee om aan te gaan. Die teiken mark is ook vir die wat net hou van lekker lees en warm tonele.