'n Huis vir Altyd
Wanneer Milan se man saam met sy skelmpie sterf, tuimel haar wêreld ineen. Voorheen het sy ’n losbandige lewe as ryksmansvrou in Sandton gelei,...
Also Available in:
- Amazon
- Audible
- Barnes & Noble
- AbeBooks
- Kobo
More Details
Wanneer Milan se man saam met sy skelmpie sterf, tuimel haar wêreld ineen. Voorheen het sy ’n losbandige lewe as ryksmansvrou in Sandton gelei, nou sit sy skielik sonder geld of raad op Vaalkrans tussen goed bedoelde, maar nuuskierige plattelanders.
Asof een maal nie genoeg is nie, word haar lewe weer onderstebo gedraai wanneer Henk, ’n boer uit die kontrei, haar nader met ’n aanbod: ’n gerieflikheidshuwelik. Dit beteken Milan sal moet kerk toe gaan, sy sal moet ma speel vir drie kinders en sy sal alles moet wees wat daar van ’n Vaalkrans-boervrou verwag word – alles wat sy nie is nie. Is dit moontlik om jou hele lewenswyse te verander?
Halfhartig raadpleeg sy die nuwe fasiliteit in haar lewe: die Bybel. En wag vir ’n teken. Want iewers vorentoe, weet sy, sal haar lewe weer op koers kom.
Cecilia Nortjé se tiende roman neem die leser op ’n ongewone reis na selfinsig en spirituele vorming.
- Format:Kindle Edition
- Pages: pages
- Publication:2020
- Publisher:LAPA Uitgewers
- Edition:First Edition
- Language:afr
- ISBN10:0799399930
- ISBN13:9780799399936
- kindle Asin:B088494CB8









