Hanekraai
“‘n Mens dig in die eerste plek vir jouself.” Só het Daniel Hugo Saterdag by die bekendstelling van sy nuwe bundel, Hanekraai, geantwoord op...
Also Available in:
- Amazon
- Audible
- Barnes & Noble
- AbeBooks
- Kobo
More Details
“‘n Mens dig in die eerste plek vir jouself.”
Só het Daniel Hugo Saterdag by die bekendstelling van sy nuwe bundel, Hanekraai, geantwoord op die vraag waarom hy dig. Zandra Bezuidenhout het by Protea Boekwinkel op Stellenbosch met Hugo oor sy 14e bundel in gesprek getree.
“‘n Mens kan natuurlik arrogant wees en sê ‘ek dig omdat ek kán’,” het Hugo geskerts. Dit is hierdie sin vir humor wat ook in sy vernufsgedigte deurskemer. “Maar eintlik hou ek net daarvan om met woorde te speel. Ek amuseer my terwyl ek skryf.”
Soos die titel Hanekraai aandui, bevat die bundel heelwat natuurgedigte, maar dit word met politiek en erotiek gekombineer. “Die haan en die hond is van die eerste diere wat deur mense makgemaak is. Hul geluide is die geluide van beskawing,” verduidelik Hugo. “Deesdae is die kraai van ‘n haan egter iets vreemds vir stedelinge. Dis ‘n geluid wat uitsterf, nes die aarde besig is om te sterf.” Voorts dui die hanekraai ook op die kreet van seksuele vervulling, soos in die gedig “Dagbreek” duidelik word.
Hugo besluit nie vooraf op ‘n tema vir ‘n bundel nie. Hy skryf bloot gedigte soos die tyd verbygaan en wanneer hy gereed is om dit te versamel, sien hy sekere verbande. “‘n Mens kan dan altyd ‘n paar gedigte byskryf om sekere leemtes te vul.”
Bezuidenhout het die gesprek afgesluit deur te sê dat sý weet waarom Hugo werklik dig: “Want jy kan nie anders nie!”
- Format:Paperback
- Pages:72 pages
- Publication:2012
- Publisher:Protea Boekhuis
- Edition:
- Language:afr
- ISBN10:
- ISBN13:
- kindle Asin:









